May 13, 2010

Mullersrus Daguitstappie - 8 Mei 2010

28 Graad 7 leerders van Mullersrus Primêr, Buffeljagsrivier, het vroegoggend die koue lig trotseer om gegroet te word deur Springbokke en Bontebokke met die aankoms by die Bontebokpark.  Ons het almal by die kantoor bymekaargekom en na 'n vinnige opwarmingsessie toebroodjies en vars plaasmelk gekry.  Mnr A Pekeur van Bontebokpark, het ons toegespreek oor die geskiedenis van die park en watter fauna en flora daar voorkom.  Ons is in 3 groepe verdeel:  die Aalwyne, Bontebokke en Blou Bulle en het met verkenningsoë allerlei plantegroei, miershope en weereens bontebokke gesien op die staproetes!  Koue koeldrank en worsbroodjies het die leë mae gevul met die aankoms by die Stroom.  Die dwelmforum het die kinders toegespreek oor gesonde en opbouende wyses om hul vryetyd te bestee eerder as om met verkeerde vriende te sosialiseer en/of dwelms te misbruik.  Gevare van dwelms asook die okkapyp is uitgewys. 
Baie dankie aan die rolspelers, vrywilligers en veral die Bontebokpark personeel wat bydraes gelewer het om van die dag 'n groot sukses te maak.