Nov 26, 2010

Afskeidsgeselligheid

Ons gaan afskeid hou by:
Hansie en Maureen Aucamp te Gelderbloemstraat 6, Swellendam.

Datum: 30 November 2010
Tyd:     16h00
Maureen voorsien noedelslaai, 'n gebakte brood en sap.
Elkeen wie gaan bywoon moet asseblief 'n R20.00 voorsien vir die vleis.
Baie dankie aan Hansie en Maureen.  Dit word waardeer!!!!!!
RSVP voor 16 November 2010 en gee u R20.00 vir Maureen Aucamp.

Dit sal ons laaste byeenkoms wees vir 2010.  Ons volgende vergadering sal weer gedurende Februarie 2011 wees.  Aspekte waarop ons wil fokus ( soos bespreek op veral die laaste 2 vergaderings):
  • Op volg van die kinders wie betrek was op ons daguitstappies
  • Advertensies op ons blog vir fondsinsameling
  • Bemarking
  • Opleiding van leke-beraders
  • Die daarstel van aktiwiteite vir konstruktiewe vryetydbesteding; koffiekoreg, skaak, sport, uitnooi van SANRA, kunsprogramme.
  • verkiesing van 'n Bestuur.
SIEN JULLE ALMAL BY DIE BRAAI.........
Groete

Nov 9, 2010

Dag Uitstappie: Wolfkloof

9 Oktober 2010, Wolfkloof Swellendam
SDF Dag uitstappie Nr 4

Saterdagoggend vroeg het sowat 30 leerlinge van die Laerskool Swellendam saam met SDF gaan stap te Wolfkloof.  Die NGK gemeente van Swellendam hou jaarliks 'n fondsinsameling vir sendelinge en ons het besluit om saam met hulle te stap.  Daar was 2 roetes, een vir die meer ervare en fikse stappers en dan 'n tweede, korter roete.  Die weer was perfek en ons het vinnig klaar gemaak met die korter roete.  Daar was baie eet en drinkgoed en baie dankie Ernie vir die lekker pannekoeke en Maureen vir die worsrolletjies.
Nadat almal lekker geëet en gerus het, het ons onder 'n boom bymekaar gekom en saamgesels oor die wat en die waar van dwelms.  Lida het baie vrae beantwoord en almal goed ingelig; veral oor die gebruik van die sogenaamde Okkapyp.
Die leerders van Laerskool Swellendam is beslis na Saterdag beter ingelig oor die gevaartekens van maats wat dwelms gebruik, waarheen of wie om te kontak indien hulle dwelmgebruik in die skool vermoed en hoe om "peer pressure" te hanteer.