Apr 19, 2010

Oorhandiging van Prys by Hoërskool Swellendam

Die wenner van ons Logo Kompetisie is: Wilna Coetzee van Hoerskool Swellendam.  BAIE GELUK!! Dr du Toit het die prys oorhandig en 'n kort praatjie gelewer tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms. Wilna se oorspronklike tekening is gebruik en 'n paar klein veranderinge is aangebring met die hulp van Dr Hanja Badenhorst en Swellendam Bulletin. Die prysgeld is geskenk deur Ostriswell en Mnr Walters. SDF bedank almal wat 'n aandeel gehad het om ons nuwe logo te ontwikkel.
Die slogan,  DWELMVRY 100% DRUG FREE is gebruik en die wenners hiervan gaan volgende week by Laerskool Swellendam oorhandig word.

Apr 14, 2010

Daguitstappie vergadering

Hello almal

Neem asb kennis van 'n Daguitstappie en Kamp vergadering wat gehou gaan word op Donderdag 22 April 2010 by PGS kliniek om 11h00.

Dankie
Rochelle-Ann Meyer