Die volgende berig kom uit Die Burger
4/21/2010 1:55:33 AM
Pretoria
Meer as ’n vyfde van Suid-Afrikaanse tieners wat aan ’n studie deelgeneem het, het al probeer selfmoord pleeg.
Nog 10% het gesê hulle is al verkrag en 15% dra wapens.
Dit is enkele van die bevindings in die Mediese Navorsingsraad (MNR) se 2008-jeugrisikoverslag wat gister aan die Oos-Rand bekend gestel is.
Mnr. Collins Chabane, minister in die presidensie, het gesê die uitslag is onaanvaarbaar en dui op ’n samelewing “wat sy plig om sy kinders te versorg, versuim”.
Altesame 37,5% het gesê hulle het al seks gehad. Uit dié groep het 12,6% gesê hul eerste keer was toe hulle jonger as 14 was.
Meer as een uit tien wat in die vorige ses maande seks gehad het, het boonop erken dit was nadat hulle onder die invloed was of dwelms gebruik het.
Net minder as een uit vyf was al swanger of het al iemand swanger gemaak en 17,2% het minstens een kind.
Nog ’n vyfde het gesê hulle behoort aan bendes en 9% het gesê hulle bring hul wapens skool toe.
Die helfte van al die leerlinge het al drank gedrink en 29% het erken hulle het die vorige maand minstens een keer dronk geword.
’n Hele aantal leerlinge gebruik ook dwelms soos dagga (13%), stowwe wat ingeasem word (12%), kokaïen (7%), tik (7%) en Mandrax (7%). Dit is soortgelyk aan die bevindings van die eerste jeugrisiko-studie wat in 2002 gedoen is. Prof. Priscilla Reddy, die hoofnavorser, het gesê sy moes destyds, nadat die 2002-opname se resultate bekend gemaak is, bontstaan om die skokkende syfers te “verduidelik”.
“Nou, ses jaar later, is dit baie soortgelyk.”
Nog bevindings van die studie was dat minder kinders aan MIV/vigs-opvoeding blootgestel is en kinders al hoe meer onaktief word.
Altesame 34% het geen liggaamsoefeningklasse by hul skole nie en 29% kyk TV of speel rekenaarspeletjies vir meer as drie uur per dag.
Byna ’n kwart voel depressief en altesame 21% beweer hulle het al probeer selfmoord pleeg. Sowat 29% van diegene wat probeer selfmoord pleeg het, moes daarna mediese behandeling kry.
Altesame 10 270 kinders tussen gr. 8 en 11 het aan die studie deelgeneem
Showing posts with label Info. Show all posts
Showing posts with label Info. Show all posts
Jun 24, 2010
Mar 9, 2010
Wanneer u vermoed dat u kind of 'n familielid dwelms gebruik
Wees kalm-dit is nie 'n skande nie, genesing is moontlik. Onthou, niemand begin dwelms gebruik met die idee om verslaaf/afhanklik te word nie. Moenie uself blameer nie, verwyte, 'n geneul, 'n geprekery kan 'n muur veroorsaak tussen u en die ander party. Moenie die afhanklike verneder of u woede/vernedering na die persoon oordra nie. Hou die kommunikasiekanale oop vir gesprek. Dit is egter nie nodig om die persoon in watte toe te draai deur hulle te beskerm teen die gevolge van hul dwelmmisbruik nie. Moenie u kind afskryf nie: 'n onmiddelike 100% gedragsverandering gaan nie gebeur nie. Help u kind om tot 'n besluit te kom, maar dit is net u kind wie self die besluit kan neem om sy lewe positief te verander. Motiveer en ondersteun hom/haar deurlopend en wys op die positiewe aspekte van hul lewe en kry professionele hulp vir albei van u. Gee aan die persoon hoop en moet nooit self hoop verloor nie.
Wat kan ouers doen om kinders teen dwelmgevare te beskerm
Ken u kind
Maak tyd om met u kind te gesels en te LUISTER.
Praat met u kinders oor dwelms
Wees betrokke by u kind se skool
Help u kind met sy vryetydsbesteding. Kweek by u kind 'n belangstelling vir stokperdjies: lees, dans, musiek, sport, die natuurlewe, naaldwerk, houtwerk, kraletjiewerk, daar is so baie.
Leer u kinders om "nee te sê."
Help kinders om gesonde waardes te ontwikkel
Wys dat jy omgee

Feb 26, 2010
Hartverskeurend
Dit is hartverskeurend om 'n ma te sien huil oor haar kind wat dagga/tik gebruik. BADISA se voorsitter, oom Dirks, noem hulle "flenter" mense. Ek wonder partykeer wie is meer flenters: die kind of die ouers. Wie is meer gestroop van sy selfrespek: die ouer of die kind.
Dis oor-en-oor dieselfde simptome: my kind gaan nie meer skool nie, hy slaap nie by die huis nie, steel allerlei goedere in die huis, versorg homself nie meer nie, verloor gewig, is aggressief met almal. Van agter my lessenaar droom ek van 'n dwelmvrye dorp - ek kan dit egter nie alleen doen nie.
Wat doen jy?
Verkoop jy dwelms aan 'n kind?
Moet jy dwelms verkoop?
En jy wat stilbly, wat weet wie waar wat verkoop, moet jy stilbly?
En jy wat kan help om die regte inligting aan kinders oor te dra, wat kan help om 'n brug te bou na 'n beter lewe - waar is jy?
Het jy geweet: "Evil wins when good people do nothing."
Maatskaplike Werker
BADISA

Feb 8, 2010
Word klein dorpe die teiken van Drug Lords?
Die volgende berig was op die 6h oggend nuus bulletin op KFM. (Vrydag, 5 Feb 2010, gelees deur Regan Thaw)
DRUG LORDS TARGET SMALL TOWNS.
Many rural towns across South Africa that have been targeted by syndicates are ill-equipped to resist, drug abuse experts said on Thursday.
The Medical Research Council said drug trafficking groups have expanded their operations to smaller towns on an increasing basis.
Like legitimate businesses, drug dealing syndicates also compete among themselves, constantly expanding their nefarious activities.
In recent months the MRC said these networks have been moving into small, rural towns.
Drug lords reportedly believe that law enforcement in such towns is not as effective as urban areas.
Annette Hubschle, from the institute for Security Studies, said small coastal towns were also equally important to traffickers.
"The majority of drugs still go out on ships along the coast like Knysna; and ultimately the drugs have to arrive in these places, for dealers and runners," said Hubschle.
Many rural towns also lack adequate drug treatment facilities.

Jan 25, 2010
Dwelmmisbruik in skole
Die volgende artikel het in die Republikein (2003) verskyn en dit beklemtoon die gebruik van dwelms in ons skole. Dit is uiters belangrik dat ouers, onderwysers en leerders hulself vergewis van die tekens van dwelmgebruik.
Dwelmmisbruik gedy op skool
DWELMMISBRUIK onder kinders het die afgelope sewe jaar verdubbel en kinders wat met dwelms eksperimenteer, raak steeds jonger.
So sê Grant Jardine, bestuurder van die jeuguitreikprogram by die Kaapstadse Dwelmvoorligtingsentrum. Hulle behandel jaarliks tot 900 mense.
Volgens Grant het tussen 'n derde en die helfte van seuns voor Graad 11 al onwettige dwelms gebruik. Die meeste van hulle het voor die ouderdom van dertien reeds begin eksperimenteer.
"Dit is 'n groot bekommernis," sê Mnr. Jardine. "As kinders op 'n vroeë ouderdom begin, is die kanse dat hulle verslaaf sal word baie groter."
Die mees algemene dwelms wat gebruik word, is alkohol, dagga, mandrax, "crack", kokaïen en heroïen. Ongelukkig is daar niks wat ouers kan doen om te verhoed dat hulle kinders aan dwelms blootgestel word nie.
Dwelmmisbruik kom in alle skole voor en alle kinders sal op een of ander stadium moet besluit of hulle met dwelms gaan eksperimenteer of nie. Volgens Grant kan ouers hulle kinders voorberei vir die dag dat hulle hierdie besluit moet neem.
Hy gee die volgende riglyne:
o Lig eerstens jouself in oor dwelms. Dit sluit die beskikbaarheid, voorkoms en newe-effekte in.
o Bespreek dwelms met jou kind.
o Luister na jou kind en moenie moraliseer of preek nie.
o Moenie bangmaakstories vertel nie. Dit werk nie.
o Probeer om die situasie van sy/haar kant te verstaan.
As jou kind dwelms gebruik, is daar 'n verandering in sy algehele gedrag. Moenie paniekerig raak as jou kind net een of twee kenmerke toon nie.
Wees op die uitkyk vir die volgende tekens:
o Tekens van bybehore wat gebruik word vir dwelmgebruik. Dit sluit in gebreekte bottelnekke, gebrande lepels, lemmetjies en foelie.
o Rooi oë en/of vlekke op hande
o Skielike gewigsverlies of -toename
o Sleeptong praat
o Onsamehangende gesprekke en vinnige verandering van een onderwerp na die ander.
o Verlies van belangstelling in en genot van dinge wat hy voorheen geniet het.
o Verandering van kleredrag en vriende.
o Swakker prestasie op skool. (Yourhealth)

Dec 9, 2009
Wat is TIK?
Krediet: Foto’s: Sharlee Shirley, RDH, MPH; Jim Cecil, DMD, MPH, University of Kentucky, School of Dentistry / via U.S. Department of Justice
http://www.mieliestronk.com/tikdwelm.html
Dwelms in Swellendam
"Hoekom begin julle 'n Dwelm Forum in Swellendam?" is die algemene vraag, wat gewoonlik gevolg word deur: "Daar is mos nie dwelms in ons omgewing nie?"
Ouers, daar is ALTYD en ORALS dwelms. En drankmisbruik. In die stede en ook hier by ons op die platteland. Maak jou oe oop en kyk rondom jou.
Lees gerus van die webbladsye hieronder en probeer die tekens onthou: jy kan dalk iemand, 'n vriendin se kind, 'n buurman of jou eie familie lid red van dwelmmisbruik.
Kosbare lewens word onnodig verwoes!
ONTHOU:
Webbladsye om te lees
http://www.health24.com/medical/Focus_centres/777-2268-2757-2759,12229.asp
http://www.kruispad.net/lb/artikels/04_01.html
http://stellenbergjeugissues.blogspot.com/2007/09/alkohol-misbruik-is-n-groot-probleem.html

Ignorance and denial are not the way to deal with a drug problem.
Webbladsye om te lees
http://www.health24.com/medical/Focus_centres/777-2268-2757-2759,12229.asp
http://www.kruispad.net/lb/artikels/04_01.html
http://stellenbergjeugissues.blogspot.com/2007/09/alkohol-misbruik-is-n-groot-probleem.html
Subscribe to:
Posts (Atom)