Our FAMILY

SDF is 'n nie-winsgewende organisasie gestig om die jeug van Swellendam en omgewing te beskerm teen die gevaar van dwelms.
In the first year of our existence we gathered a FAMILY of local Organizations around us to be more effective:
  • BADISA
  • ACVV
  • PGS Kliniek
  • Swellendam Hospitaal
  • Love Life

Wie is hierdie organisasies?
---------------------------------------------------------------------------------

BADISA
Badisa Swellendam is ‘n gesamenlike barmhartigheidsbediening van die NG Kerk ( Wes- en Suidkaap) en die VG Kerk (Kaapland). BADISA staan vir BA = Bamhartigheid, DI = Diakonaat en SA = Saam.
Ons is ‘n nie- winsgewende organisasie en lewer ontwikkelingsgerigte maatskaplikewerk dienste, wat insluit individuele dienste, projekte en programme binne die volgende bedieningsarea : Railton, Rondomskrik ( nuwe uitbreiding), die plase op die N2 langs tot by Rheenen plase, die plase in Leeurivier en Hermitage tot by Joubertsdal.

Ons personeel bestaan uit : 1 Maatskaplike werker, Me. Lida Roussouw; 1 Maatskaplike Hulpwerker, Me. Rochelle- Ann Meyer; 1 Gemeenskapsontwikkelingswerker, Me. Magdeline Cupido; en 1 Administratiewe beampte, Me. Charleen Green.

Die beheer en toesig van die program word behartig deur ‘n beheerraad met Mnr. J.A Dirks as voorsitter.

BADISA se teikengroep is kinders en gesinne, maar ons lewer ook dienste aan ouer persone, persone met fisiese uitdagings, chemiese ahanklike persone en persone wat geïnfekteer en geafekteer word met Miv/Vigs.

Ons lewer ‘n diens aan almal ongeag ras, geslag en denominasie.

BADISA se visie : Saam bou ons ‘n brug na ‘n beter lewe.
BADISA se missie : BADISA Swellendam lei in navolging van die brugbouer, Jesus Christus sy mense tot ‘n beter lewe. Ons doen dit deur omvattende professionele maatskaplike dienste en programme in samewerking met ander rolspelers en toegewyde vrywilligers.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ACVV
 
 
 
 
 
 
 
 
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
PGS Kliniek en Hospitaal