Nov 9, 2010

Dag Uitstappie: Wolfkloof

9 Oktober 2010, Wolfkloof Swellendam
SDF Dag uitstappie Nr 4

Saterdagoggend vroeg het sowat 30 leerlinge van die Laerskool Swellendam saam met SDF gaan stap te Wolfkloof.  Die NGK gemeente van Swellendam hou jaarliks 'n fondsinsameling vir sendelinge en ons het besluit om saam met hulle te stap.  Daar was 2 roetes, een vir die meer ervare en fikse stappers en dan 'n tweede, korter roete.  Die weer was perfek en ons het vinnig klaar gemaak met die korter roete.  Daar was baie eet en drinkgoed en baie dankie Ernie vir die lekker pannekoeke en Maureen vir die worsrolletjies.
Nadat almal lekker geëet en gerus het, het ons onder 'n boom bymekaar gekom en saamgesels oor die wat en die waar van dwelms.  Lida het baie vrae beantwoord en almal goed ingelig; veral oor die gebruik van die sogenaamde Okkapyp.
Die leerders van Laerskool Swellendam is beslis na Saterdag beter ingelig oor die gevaartekens van maats wat dwelms gebruik, waarheen of wie om te kontak indien hulle dwelmgebruik in die skool vermoed en hoe om "peer pressure" te hanteer.

No comments:

Post a Comment