Sep 6, 2010

Daguitstappievergadering: 12 Augustus 2010

Daguitstappie - 4 September 2010
Suurbraak - 50 graag 7's

BF Oosthuizen - Barrydale - kyk om hulle op volgende uitstappie te neem.

Staproete by Suurbraak gebruik vir 04 September 2010 se uitstappie.  Roete so 3 ure se stap.
Begin so 8h00 vir 8h30 stap - begin stap 09h00 - so by 12h00 klaar gestap.
Ete volg:
Worsrolletjies - vra Lida hulle
Mev Aucamp - Dr sal haar vra om te kyk vir lemoene en sappies.
Eerste rusplek - Aldo Pekeur vra om met kinders te praat oor natuur - Magdeline
Indien dit sou reën - stap af.
Cathy van Eeden van Swellendam TV vra om te kom afneem - dr du Toit.

Dankie
Magdeline Cupido

Jun 28, 2010

DVD Vertoning

Vrydag, 25 Junie, het ons 'n DVD, THE CROSS and THE SWITCHBLADE aan 'n groepie kinders by die Thusong Sentrum vertoon. Na 'n paar probeerslae om die DVD deur die projektor te speel, moes ons tou opgooi en het dit uiteindelik op die TV skerm vertoon. Die springmielies het goed afgegaan en almal het die vertoning geniet.

Kennisgewing

Na aanlieiding van die vakansie; die wêreldbekersokker en die vakansieprogram wat tans aangebied word, het ons besluit om die vergadering van 29 Junie 2010 om 16h00 by die PGS kliniek te kanselleer.

Die volgende vergadering sal dus wees: 27 Julie 2010 om 16h00 by die PGS kliniek. Versprei dit asb en poog om nuwe belangstellendes saam te bring.

Dankie
Lida

Jun 24, 2010

Syfers oor Tienerseks en dwelms is SKOKKEND

Die volgende berig kom uit Die Burger


4/21/2010 1:55:33 AM

Pretoria

Meer as ’n vyfde van Suid-Afrikaanse tieners wat aan ’n studie deelgeneem het, het al probeer selfmoord pleeg.

Nog 10% het gesê hulle is al verkrag en 15% dra wapens.

Dit is enkele van die bevindings in die Mediese Navorsingsraad (MNR) se 2008-jeugrisikoverslag wat gister aan die Oos-Rand bekend gestel is.

Mnr. Collins Chabane, minister in die presidensie, het gesê die uitslag is onaanvaarbaar en dui op ’n samelewing “wat sy plig om sy kinders te versorg, versuim”.

Altesame 37,5% het gesê hulle het al seks gehad. Uit dié groep het 12,6% gesê hul eerste keer was toe hulle jonger as 14 was.

Meer as een uit tien wat in die vorige ses maande seks gehad het, het boonop erken dit was nadat hulle onder die invloed was of dwelms gebruik het.

Net minder as een uit vyf was al swanger of het al iemand swanger gemaak en 17,2% het minstens een kind.

Nog ’n vyfde het gesê hulle behoort aan bendes en 9% het gesê hulle bring hul wapens skool toe.

Die helfte van al die leerlinge het al drank gedrink en 29% het erken hulle het die vorige maand minstens een keer dronk geword.

’n Hele aantal leerlinge gebruik ook dwelms soos dagga (13%), stowwe wat ingeasem word (12%), kokaïen (7%), tik (7%) en Mandrax (7%). Dit is soortgelyk aan die bevindings van die eerste jeugrisiko-studie wat in 2002 gedoen is. Prof. Priscilla Reddy, die hoofnavorser, het gesê sy moes destyds, nadat die 2002-opname se resultate bekend gemaak is, bontstaan om die skokkende syfers te “verduidelik”.

“Nou, ses jaar later, is dit baie soortgelyk.”

Nog bevindings van die studie was dat minder kinders aan MIV/vigs-opvoeding blootgestel is en kinders al hoe meer onaktief word.

Altesame 34% het geen liggaamsoefeningklasse by hul skole nie en 29% kyk TV of speel rekenaarspeletjies vir meer as drie uur per dag.

Byna ’n kwart voel depressief en altesame 21% beweer hulle het al probeer selfmoord pleeg. Sowat 29% van diegene wat probeer selfmoord pleeg het, moes daarna mediese behandeling kry.

Altesame 10 270 kinders tussen gr. 8 en 11 het aan die studie deelgeneem

Jun 21, 2010

Anti - Dwelmdag by Thusong Sentrum

SDF neem deel aan die vakansie program wat by die Thusong Gemeenskap Sentrum aangebied word. Vrydag, 25 Junie 2010 gaan ons 'n DVD vertoon en 'n berader gaan beskikbaar wees om mee te gesels.
Pamflette word versprei en daar gaan ook 'n "towncrier" vanaf 9h30 deur Railton loop. Ons vra almal om asseblief die woord te versprei sodat ons soveel as moontlik kinders kan bereik...en onthou die vertoning is gratis en die popcorn slegs 10c!!!

Dis 'n film wat handel oor die lewe van Nicky Cruz: van Dwelmhandelaar en Bendeleier tot Prediker.
Daar sal 2 vertonings wees, die eerste om 11h00 en die tweede vertoning om 2h00nm.
DVD: The Cross and the SwitchBlade

Jun 18, 2010

Wenners van Slagspreuk Kompetisie

Annalette, Jessica, Marete, Lize le Roux en Marile Becker van Laerskool Swellendam.

SDF wens graag hierdie 5 leerlinge van Laerskool Swellendam geluk met hul WEN-slagspreuk:
100% Dwelmvry.
BAIE GELUK!
Geniet julle vakansie.

May 13, 2010

Mullersrus Daguitstappie - 8 Mei 2010

28 Graad 7 leerders van Mullersrus Primêr, Buffeljagsrivier, het vroegoggend die koue lig trotseer om gegroet te word deur Springbokke en Bontebokke met die aankoms by die Bontebokpark.  Ons het almal by die kantoor bymekaargekom en na 'n vinnige opwarmingsessie toebroodjies en vars plaasmelk gekry.  Mnr A Pekeur van Bontebokpark, het ons toegespreek oor die geskiedenis van die park en watter fauna en flora daar voorkom.  Ons is in 3 groepe verdeel:  die Aalwyne, Bontebokke en Blou Bulle en het met verkenningsoë allerlei plantegroei, miershope en weereens bontebokke gesien op die staproetes!  Koue koeldrank en worsbroodjies het die leë mae gevul met die aankoms by die Stroom.  Die dwelmforum het die kinders toegespreek oor gesonde en opbouende wyses om hul vryetyd te bestee eerder as om met verkeerde vriende te sosialiseer en/of dwelms te misbruik.  Gevare van dwelms asook die okkapyp is uitgewys. 
Baie dankie aan die rolspelers, vrywilligers en veral die Bontebokpark personeel wat bydraes gelewer het om van die dag 'n groot sukses te maak.

Apr 19, 2010

Oorhandiging van Prys by Hoërskool Swellendam

Die wenner van ons Logo Kompetisie is: Wilna Coetzee van Hoerskool Swellendam.  BAIE GELUK!! Dr du Toit het die prys oorhandig en 'n kort praatjie gelewer tydens Maandagoggend se saalbyeenkoms. Wilna se oorspronklike tekening is gebruik en 'n paar klein veranderinge is aangebring met die hulp van Dr Hanja Badenhorst en Swellendam Bulletin. Die prysgeld is geskenk deur Ostriswell en Mnr Walters. SDF bedank almal wat 'n aandeel gehad het om ons nuwe logo te ontwikkel.
Die slogan,  DWELMVRY 100% DRUG FREE is gebruik en die wenners hiervan gaan volgende week by Laerskool Swellendam oorhandig word.