Feb 25, 2010

Dag Uitstappie

Een van die inisiatiewe van SDF, is om alternatiewe daar te stel vir die jeug. Op 6 Maart 2010 gaan die Graad Sewes van Laerskool Bontebok op 'n uitstappie in Marloth NP. Die groepie gaan vroeg Saterdagoggend, om 7h00 by die Thusong Sentrum bymekaar kom en van daar na Marloth vervoer word. Die staptog gaan ongeveer 2 uur duur. Daarna gaan wors gebraai word, Love Life gaan speletjies aanbied en 'n informele praatjie en groepbespreking gaan gehou word. Die dag gaan afgesluit word met 'n sokker wedstryd.
Dit gaan 'n wonderlike dag in die natuur wees, so maak seker jou vrywaringsbrief is ingevul en jou plek is bespreek.

No comments:

Post a Comment