Feb 26, 2010

Hartverskeurend

Dit is hartverskeurend om 'n ma te sien huil oor haar kind wat dagga/tik gebruik.  BADISA se voorsitter, oom Dirks, noem hulle "flenter" mense.  Ek wonder partykeer wie is meer flenters: die kind of die ouers.  Wie is meer gestroop van sy selfrespek: die ouer of die kind.
Dis oor-en-oor dieselfde simptome: my kind gaan nie meer skool nie, hy slaap nie by die huis nie, steel allerlei goedere in die huis, versorg homself nie meer nie, verloor gewig, is aggressief met almal.  Van agter my lessenaar droom ek van 'n dwelmvrye dorp - ek kan dit egter nie alleen doen nie.
Wat doen jy?
Verkoop jy dwelms aan 'n kind?
Moet jy dwelms verkoop?
En jy wat stilbly, wat weet wie waar wat verkoop, moet jy stilbly?
En jy wat kan help om die regte inligting aan kinders oor te dra, wat kan help om 'n brug te bou na 'n beter lewe - waar is jy?
Het jy geweet: "Evil wins when good people do nothing."
Maatskaplike Werker
BADISA

No comments:

Post a Comment